Afrikaanse Gemeente Wenen  
 
Missie
Ons is deel van -

’n gemeente wat bemoedig en opgeroep word deur God se blye boodskap. As Christelike gemeente van protestants-calvinistiese tradisie is ons daarvan oortuig dat die kerk altyd weer die selfkritiese vraag moet stel of ons nog volgens die opdrag van Jesus Christus lewe. As gemeenskap wil ons ons met hierdie vraag besig hou en almal uitnooi om gesamentlik ’n kerk te vergestalt wat alle mense bedien;

’n oop gemeenskap. Ons is oortuig dat verskeidenheid ’n verryking is. Daarom behoort die lidmate van ons gemeente nie alleen tot alle ouderdomsgroepe nie, maar ook tot verskeie nasionaliteite. Ons wil van mekaar leer en deur die onderskeie lewens- en geloofservaringe die vele moontlikhede om God te ontmoet, tot uitdrukking bring;

’n vierende gemeente. Die sentrum van die gemeentlike lewe is die erediens, waar ons die nabyheid en teenwoordigheid van God vier. Ons soek gemeenskaplik na vorme van die erediens waardeur met onderskeie behoeftes rekening gehou en mense op ’n verskeidenheid vlakke aangespreek word. Daarom word almal uitgenooi om hieraan te help vorm gee - sodat almal, van kinders tot ou mense, hulle persoonlike bydrae tot eredienste kan lewer.

’n gemeente op weg. In ’n wêreld van gedurige verandering kan ons nie stil bly staan en ons alleen op die tradisie beroep nie. Ons wil die ontwikkeling van ons tyd bewustelik waarneem en krities begelei. Daarom is ons vir mense van alle sosiale agtergronde en lewensvorme oop. Ons wil mense tot verantwoordelike gestaltegewing van die lewe en die wêreld aanmoedig.

’n gemeente sonder vaste grense. Ons nooi in ekumeniese oopheid mense van alle geloofsrigtings uit om saam met ons die lewe te vier. Ons bou bewustelik ekumeniese samewerking met ons bure uit, maar sien ook ons verantwoordelikheid op die gebied van die wêreldgemeenskap en probeer daar ons bydrae lewer.

Een uitdrukkingsvorm hiervan is die kerklike onderdak wat ook die Afrikaanse gemeente in en om Wenen gebied word, waardeur sowel tydelike inwoners uit Suid-Afrika as meer permanente nuwe bure van die Duitssprekende gemeente verwelkom word.